Vryfees – Om plaaslike talent te ontgin

Categories:

  • Festivals

Description

Agtergrond Vryfees is ‘n vereniging sonder winsbejag. Die eerste Volksblad-kunstefees (nou Vryfees) is in Julie 2001 aangebied as deel van Media24 se kunstefees-inisiatief. Volksblad en die Universiteit van die Vrystaat (UV) tree as vennote op in die organisasie en aanbieding van die fees. Die UV voorsien die teaters en fisiese infrastruktuur vir die feesaanbieding terwyl Volksblad, as titelborg, verantwoordelikheid aanvaar vir feesbemarking en -organisering. In 2001 is 6 000 kaartjies verkoop. Ongelooflike groei is oor die jare heen getoon en in 2010 is 40 000 kaartjies verkoop. Sowat 160 000 mense woon die fees jaarliks by. Vryfees is een van die die grootste kunstefeeste in die land gemeet aan kaartjieverkope. Die kunstefees maak slegs van goed toegeruste teaters gebruik vir sy produksies vanweë die uitstekende teaterinfrastruktuur wat Bloemfontein en die UV bied. Nadat die Volksblad-kunstefees sy 10-jarige bestaan in 2010 as een van Suid-Afrika se voorste kunstefeeste gevier het, is besluit om die volgende stap na ‘n opwindende toekoms vir die fees te neem deur dit sy eie identiteit te gee. Die twee stigtersvennote van die Volksblad-kunstefees, Volksblad en Kovsies, hou nou Vryfees. Visie Om die kunste, in al die manisfestasies daarvan, in die sentrale deel van die land te ontwikkel en uit te bou daar te stel. Missie Vryfees is ‘n inklusiewe, unieke en genotvolle geleentheid waardeur ‘n belangstelling in en ‘n geesdrif vir die kunste bevorder word en wat ook ekonomiese voordele vir alle betrokkenes en die gemeenskap in die algemeen inhou. Doelstellings Vryfees word jaarliks in die winterskoolvakansie aangebied en het ten doel om: *plaaslike talent te ontgin en geleenthede daar te stel waartydens opkomende *kunstenaars saam met gevestigde kunstenaars in feesproduksies kan optree * skeppende werk in alle kunsdissiplines te bevorder *kinders en jongmense by die fees te betrek deur die aanbieding van toepaslike programme voor en tydens die fees *die gemeenskap in die geheel by feesaktiwiteite te betrek * provinsiale en plaaslike owerhede se volle ondersteuning vir die fees te bekom *liefde vir lees en die geskrewe woord te bevorder *belangstelling van die gemeenskap in die kunste te bevorder *waarde toe te voeg tot die finansiële ondersteuning van borge deur die aanbieding van ‘n fees van gehalte. *‘n omvattende bemarkingsgeleentheid aan die Universiteit van die Vrystaat daar te stel. Bemarking Die Vryfees bied die kreatiewe bemarkingsplatform om professionele mans en vroue van oor die land heen te bereik. Ongeveer 160 000 besoekers besoek die Volksblad-kunstefees jaarliks oor die vier tot ses dae dat dit aangebied word. Die Vryfees se feesgangers hou van fees vier, sosiaal verkeer en die kunste. ’n Wye verskeidenheid bemarkingsgeleenthede word gebied en spesiale pakkette kan vir spesifieke behoeftes saamgestel word. Die groot aantal besoekers wat jaarliks die webtuiste van die Volksblad-kunstefees besoek, maak dit die ideale plek vir jou instansie om blootstelling op die internet te kry. Advertensieruimte word aan goedgekeurde instansies gebied. Adverteer op ons webtuiste Die groot aantal besoekers wat jaarliks die webtuiste van die Vryfees besoek, maak dit die ideale plek vir jou instansie om blootstelling op die internet te kry. Advertensieruimte word aan goedgekeurde instansies gebied. Stronk - feeskoerant Stronk - die amptelike koerant van die Volksblad-kunstefees - het die eerste keer in 2008 verskyn. Dit verskyn elke dag van die fees (Dinsdag tot Saterdag) en bied aan adverteerders `n uitstekende geleentheid om teen uiters mededingende tariewe te adverteer. Vir meer inligting bel Talitha Renaud by 051 404 7834 of 071 684 8080.

 
 

Events

LEKKER FM NUWE KLANKE

Jabulani Centre Stage

Vryfees – Jaarliks

DOLOSFEES – Jaarliks

DUT auditions for Oliver

National Eisteddfod

 

Competitions

National Eisteddfod of South Africa – NEA

Array

Enter Now   Competition closes Array

Talent Africa

Array

Enter Now   Competition closes Array

REGISTER WITH US TODAY

Array

Enter Now   Competition closes Array

SATCH – South African talent Championships

Array

Enter Now   Competition closes Array